Vakgroep Afrikaans, SPU

Vakgroep Afrikaans, SPU Welkom by Vakgroep Afrikaans, deel van Sol Plaatje Universiteit se Departement Tale en Kommunikasie

As vakgroep is ons fokus in beide die taal- en letterkunde op die verskillende Afrikaanse variëteite.

Ons is baie trots op Jacqued Horne wat tydens Saterdag se gradeplegtigheid sy honneurs in Afrikaans ontvang het. Jacqued...
22/04/2024

Ons is baie trots op Jacqued Horne wat tydens Saterdag se gradeplegtigheid sy honneurs in Afrikaans ontvang het. Jacqued is reeds ingeskryf vir sy MA in Afrikaans. Welgedaan, Jacqued, en alle voorspoed met jou nagraadse studies vorentoe!

Kom vier saam met ons die bekendstelling van Lynthia Julius se nuwe digbundel, Kinderlê, op Woensdag 6 Maart hier op kam...
20/02/2024

Kom vier saam met ons die bekendstelling van Lynthia Julius se nuwe digbundel, Kinderlê, op Woensdag 6 Maart hier op kampus. Sien julle daar!

Op Maandag 12 Februarie het drie van ons MA-studente, Carl en Sisca Julius en Bridgette Brandt, saam met ons adjunk-vise...
14/02/2024

Op Maandag 12 Februarie het drie van ons MA-studente, Carl en Sisca Julius en Bridgette Brandt, saam met ons adjunk-visekanselier (Leer & Onderrig), Prof Debra Meyer, vir SPU verteenwoordig by die Afrikaanse Taalberaad te Johannesburg Buiteklub. Die beraad is aangebied deur die Dagbreektrust.

Velerlei Afrikaanse taalaktiviste, onder meer VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans), die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON), MOS aanlyn-tuisskool, Maroela Media, Heinrich Wyngaard (aanbieder van Klop! en voorsitter van die Kaapse Forum), en akademici verbonde aan Wits, SPU, NWU en KSUT het aan die beraad deelgeneem.

Gesprekke is gevoer oor die stand van Afrikaans vandag, en wat gedoen word ter bevordering van die taal in verskillende sfere soos die opvoedkunde, tersiêre instellings, en die media. Gesprekke is ook gevoer oor die stand van Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole (spesifiek parallelmedium skole) en die BELA-wetgewing. Insette is ook gelewer oor die stand van Afrikaans by Suid-Afrikaanse universiteite en private instellings soos Sol-Tech en Akademia.

Sisca het gepraat oor die problematiek van Afrikaanse letterkunde binne die kurrikulum vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Bridgette het gepraat oor die geleenthede wat SPU bied aan Afrikaanse studente uit die Noord-Kaap. Carl het insette gelewer oor die belangrikheid van die insluiting van variëteite in die skoolsillabes as deel van moedertaalonderrig.

Hartlik geluk aan Dr Frederick Botha wat op 11 Desember 2023 sy Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universite...
09/01/2024

Hartlik geluk aan Dr Frederick Botha wat op 11 Desember 2023 sy Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang het! Dr Botha se meestersgraad het bestaan uit 'n mini-tesis waarin hy abjeksie in MS Burger se "Bloedfamilie" (2012) ondersoek het, en sy eie kreatiewe kortverhaalbundelmanuskrip met die titel "Seuns wat weet".

On Monday 11 December 2023 Dr Frederick Botha, Lecturer in Afrikaans within the Department of Languages & Communication, graduated from Stellenbosch University with a Masters in Creative Writing. For his Masters Dr Botha wrote a mini thesis on the theme of abjection in the short story collection "Bloedfamilie" (2012) by MS Burger, and his own creative manuscript: a collection of Afrikaans short stories titled, "Seuns wat weet".

Gister het ons as vakgroep die geleentheid gekry om bietjie informeel saam met ons nagraadse studente te kuier en hulle ...
06/12/2023

Gister het ons as vakgroep die geleentheid gekry om bietjie informeel saam met ons nagraadse studente te kuier en hulle harde werk te vier. Jacqued Horne is besig om sy navorsingsprojek te voltooi, en dan sal sy honneurs afgehandel wees. Carl en Sisca Julius het hierdie jaar met hulle meestersgrade begin en maak goeie vordering met hulle studies. Welgedaan julle! Julle maak ons baie trots.

Alana Bailey, Hoof van Kultuursake by AfriForum, het met Dr Frederick Botha 'n onderhoud gevoer oor die afgelope SPU Int...
19/10/2023

Alana Bailey, Hoof van Kultuursake by AfriForum, het met Dr Frederick Botha 'n onderhoud gevoer oor die afgelope SPU Internasionale Taalkongres wat deur die Departement Tale en Kommunikasie aangebied is.

Van 6 tot 8 September 2023 het die Sol Plaatje Universiteit ’n internasionale taalkongres aangebied wat die eerste was van ’n nuwe tweejaarlikse tradisie wat hiermee gevestig is. Dr. Frederick Botha, lektor in Afrikaanse letterkunde aan die Sol Plaatje Universiteit, was deel van die komitee wat ...

Op Saterdag 7 Oktober het Prof Victor Teise en ons twee MA-studente, Carl en Sisca Julius, aan die Karoo-toneelfees op V...
17/10/2023

Op Saterdag 7 Oktober het Prof Victor Teise en ons twee MA-studente, Carl en Sisca Julius, aan die Karoo-toneelfees op Victoria-Wes deelgeneem. Die Vakgroep was deur die Interskole-toneelgeselskap, die ATKV en die Apollo-teater as gasbesoeker genooi met die oog op toekomstige samewerking.

Carl het tydens die fees 'n lesing aangebied oor sosiolinguistiek, taalvariasie, faktore wat die aard van taalgebruik beïnvloed, die ontstaansgeskiedenis van Afrikaanse taalvariëteite en vlakke van variasie, toegepas op taalvariëteite uit die Noord-Kaap (Griekwa en Namakwa-Afrikaans).

Sisca se lesing het gefokus op die voorgeskrewe skoolmateriaal vir Eerste Addisionele Taal en hoe dit lei tot die vervreemding van Afrikaans. Haar argument was dat daar meer relevante kortverhale in Afrikaans is waarmee tieners kan identifiseer, en wat die lees- en leerervaring van addisionele taalleerders sal verbeter. Sy het ook haar eie kortverhaal, "Eerste liefde", voorgelees wat in die bundel 'Leë blikkies vol liefde' (Tafelberg, 2023) opgeneem is.

Jacqued Horne, honneursstudent in Afrikaans, het vandag tydens die navorsingskantoor se jaarlikse simposium vir nagraads...
11/10/2023

Jacqued Horne, honneursstudent in Afrikaans, het vandag tydens die navorsingskantoor se jaarlikse simposium vir nagraadse studies ‘n aanbieding gelewer oor sy navorsingsprojek wat fokus op die rol van intertekstualiteit in Ryan Pedro se digbundel, pienk ceramic-hondjies. Welgedaan, Jacqued! En alle voorspoed met die voltooiing van jou projek.

Dr Frederick Botha het 'n oorsigartikel van die afgelope SPU Internasionale Taalkongres geskryf wat op LitNet verskyn:
05/10/2023

Dr Frederick Botha het 'n oorsigartikel van die afgelope SPU Internasionale Taalkongres geskryf wat op LitNet verskyn:

"Die heel eerste SPU Internasionale Taalkongres is vanaf 6 tot 8 September deur die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley aangebied. Aan die hand van die referate wat aangebied is en die gesprekke wat daardeur ontketen is, is dit duidelik dat daar verskeie deurslaggewende kwessies is wat die inheems...

Sol Plaatje Universiteit se heel eerste Internasionale Taalkongres is  vanaf 6 tot 8 September deur die Skool vir Geeste...
14/09/2023

Sol Plaatje Universiteit se heel eerste Internasionale Taalkongres is vanaf 6 tot 8 September deur die Skool vir Geesteswetenskappe se Departement Tale & Kommunikasie aangebied. Vakgroep Afrikaans was goed verteenwoordig by hierdie kongres waar al drie die personeellede, Prof Victor Teise, Dr Marga Stander en Dr Frederick Botha, referate gelewer het. Sisca Julius, 'n MA-student in Afrikaanse Linguistiek, het ook 'n referaat gelewer. Die hoofspreker vir Afrikaans was die skrywer Anzil Kulsen wat 'n lesing gelewer het met die titel: "Afrikaans as heterogene taal: inheems en die eiendom van sy diverse sprekers".

Sisca Julius, ‘n MA-student in Afrikaanse Taalkunde, se kortverhaal “Eerste liefde” is opgeneem in die nuwe bloemlesing,...
11/09/2023

Sisca Julius, ‘n MA-student in Afrikaanse Taalkunde, se kortverhaal “Eerste liefde” is opgeneem in die nuwe bloemlesing, Leë blikkies vol liefde, ‘n kortverhaalbundel vir skoliere in graad 7 tot 9. Sisca is tans self ook ‘n Afrikaansonderwyser by Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley. Baie geluk, Sisca! Ons is trots op jou en sien uit na al die ander skryfwerk wat nog uit jou pen gaan kom!

Address

Sol Plaatje Universiteit, Gebou C003 (Geesteswetenskappe-gebou), Hoofkampus, Scanlanstraat
Kimberley
8301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vakgroep Afrikaans, SPU posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share