Geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands
In wese is die totstandkoming van die Departement Afrikaans en Nederlands die gevolg van ’n mosie wat in 1918 deur studente van die Universiteit Stellenbosch ingedien is, waarin hulle “die Raad beleefdelik [vra] om ons wens tegemoet te kom en ons so spoedig moontlik aan ’n stoel in Afrikaans te help”. Hierdie mosie het aanleiding gegee tot d
ie instelling van ’n leerstoel in Afrikaans met behulp van die Jan Marais-fonds in 1920. Smith, ’n bekende taalgeleerde en baanbreker op die gebied van die Afrikaanse taalkunde, gevul. Smith sou ook later die eerste redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek (vandag Woordeboek van die Afrikaanse Taal) word. Toe die leerstoel in Afrikaans ingestel is, het die Universiteitsraad ’n spesiale komitee benoem om die verhouding tussen die leerstoele “in ’t Hollands en ’t Afrikaans” te omskryf. Die Raad het op aanbeveling van hierdie komitee besluit dat die twee leerstoele nie onafhanklik van mekaar sal staan nie, maar onderdele sal vorm van die Departement Nederlands en Afrikaans, soos dit sedert 1922 bekend gestaan het. Hierna was dit ook bekend as die Departement van Afrikaans-Nederlands en Departement Afrikaans en Nederlands, soos dit vandag steeds heet. Bekende dosente en oudstudente van die Departement Afrikaans en Nederlands sluit in Lydia van Niekerk (eerste vroulike professor aan die Universiteit Stellenbosch), A.A. Opperman, Ernst van Heerden, Uys Krige, Elize Botha (eerste vroulike kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Peter Blum, Ina Rousseau, Ronnie Belcher, Alba Bouwer, Audrey Blignault, Etienne Leroux, Valiant Swart, F.F. Odendal, Lina Spies, P.C. Schoonees, D.B. Bosman, T.H. le Roux, J du P Scholtz, W. Kempen, ensovoorts.