Departement Afrikaans en Nederlands - US

Departement Afrikaans en Nederlands - US LinkedIn: www.linkedin.com/company/universiteit-stellenbosch-departement-afrikaans-en-nederlands Hierdie leerstoel is deur prof. J.J. Prof. Pienaar (Sangiro), D.J.

Geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands

In wese is die totstandkoming van die Departement Afrikaans en Nederlands die gevolg van ’n mosie wat in 1918 deur studente van die Universiteit Stellenbosch ingedien is, waarin hulle “die Raad beleefdelik [vra] om ons wens tegemoet te kom en ons so spoedig moontlik aan ’n stoel in Afrikaans te help”. Hierdie mosie het aanleiding gegee tot d

ie instelling van ’n leerstoel in Afrikaans met behulp van die Jan Marais-fonds in 1920. Smith, ’n bekende taalgeleerde en baanbreker op die gebied van die Afrikaanse taalkunde, gevul. Smith sou ook later die eerste redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek (vandag Woordeboek van die Afrikaanse Taal) word. Toe die leerstoel in Afrikaans ingestel is, het die Universiteitsraad ’n spesiale komitee benoem om die verhouding tussen die leerstoele “in ’t Hollands en ’t Afrikaans” te omskryf. Die Raad het op aanbeveling van hierdie komitee besluit dat die twee leerstoele nie onafhanklik van mekaar sal staan nie, maar onderdele sal vorm van die Departement Nederlands en Afrikaans, soos dit sedert 1922 bekend gestaan het. Hierna was dit ook bekend as die Departement van Afrikaans-Nederlands en Departement Afrikaans en Nederlands, soos dit vandag steeds heet. Bekende dosente en oudstudente van die Departement Afrikaans en Nederlands sluit in Lydia van Niekerk (eerste vroulike professor aan die Universiteit Stellenbosch), A.A. Opperman, Ernst van Heerden, Uys Krige, Elize Botha (eerste vroulike kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Peter Blum, Ina Rousseau, Ronnie Belcher, Alba Bouwer, Audrey Blignault, Etienne Leroux, Valiant Swart, F.F. Odendal, Lina Spies, P.C. Schoonees, D.B. Bosman, T.H. le Roux, J du P Scholtz, W. Kempen, ensovoorts.

28/08/2026
24/08/2026

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor onder meer tolking en KI, en die verband tussen navorsing en die praktyk.

Kom vier die bekendstelling van Penseel 2025 saam met ons!Datum: 26 Augustus 2026Tyd: 18:30 vir 19:00Plek: Hofmeyrsaal, ...
19/08/2026

Kom vier die bekendstelling van Penseel 2025 saam met ons!

Datum: 26 Augustus 2026

Tyd: 18:30 vir 19:00

Plek: Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch

Penseel 2025 word op 26 Augustus 2026 in die Hofmeyrsaal bekendgestel.

Die program is tjok-en-blok vol met voorlesings, musiek en ‘n bekende skrywer! Daar gaan klein peuselhappies en lafenisse wees, sowel as nuwe en ou bundels om te koop.

RSVP vir hierdie geleentheid deur ‘n e-pos na [email protected] te stuur.

18/08/2026
Vandag, 14 Augustus, vier ons koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag!Wat is op jou kooplysie? 📚
14/08/2026

Vandag, 14 Augustus, vier ons koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag!
Wat is op jou kooplysie? 📚

04/08/2026

"Ek is byvoorbeeld nuuskierig om eendag Breytenbach se nagelate boekery deur te gaan. Wat het hy alles gelees en watter spore is daar van sy leeswerk in sy kreatiewe werk?"

Address

Stellenbosch

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27218082158

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Departement Afrikaans en Nederlands - US posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Departement Afrikaans en Nederlands - US:

Shortcuts

Share