26/11/2025
🌟 UnicMaths Graad 7 – Registrasies vir 2026 is OOP! 🌟
Beste Ouers van Bloemfontein,
Dit is vir my ’n groot voorreg om aan te kondig dat die UnicMaths Graad 7-program weer in 2026 aangebied gaan word – ’n unieke geleentheid vir leerders wat graag hul wiskundevaardighede wil versterk en met meer selfvertroue in die hoërskool wil instap.
📍 Slegs twee sessies beskikbaar vir 2026:
Noorde van Bloemfontein
Suide van Bloemfontein
Die program is prakties, lewendig en doelgerig — perfek vir enige leerder wat ’n hupstoot, verdieping of ekstra ondersteuning in Wiskunde nodig het. Plekke is egter baie beperk, en sekere sessies raak vinnig vol.
🔗 Ouers wat belangstel om hul kinders te registreer, kan my direk kontak vir die registrasievorm en verdere besonderhede.
Ek sien uit daarna om weer ’n groep entoesiastiese graad 7’s te ondersteun op hul wiskundereis in 2026!
Vriendelike groete
Nicolaas Slabbert
UnicMaths Programaanbieder
083 631 5824
083 631 5824