UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek

UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek Afrikaans@UJ. Deel van die Dept. Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek / LanCSAL - Dept of Languages, Cultural Studies and Applied Linguistics

Vrydagmiddag, 4 September in Johannesburg.Baie welkom - maar antwoord, of registreer asseblief.
01/09/2026

Vrydagmiddag, 4 September in Johannesburg.
Baie welkom - maar antwoord, of registreer asseblief.

22/08/2026

Moedertaalonderwys, lees, identiteit en die rol van Afrikaans in kinders se ontwikkeling was onder die temas wat tydens die Afrikaans Taalraad se jaarlikse Vrouedagpaneelgesprek bespreek is.

Hartlik geluk aan Wium van Zyl, wenner van die 2026 UJ-prys vir Vertaling! "Die ongelukkige en treurige verhaal van die ...
12/08/2026

Hartlik geluk aan Wium van Zyl, wenner van die 2026 UJ-prys vir Vertaling! "Die ongelukkige en treurige verhaal van die skip die Gouden Buys 1693" is sy vertaling van die 17de eeuse Nederlandse teks met die verhaal van ’n VOC-skip uit Enkhuizen wat in St. Helenabaai aan die Kaapse Weskus strand. Die boek bied ’n fassinerende blik op ’n minder bekende skeepsramp aan ons Suid-Afrikaanse kus in ’n bedrewe vertaling.
Uitgegee deur Hemel & See Boeke.
Die prysfunksie vind op 4 September 2026 plaas. Navrae: [email protected]

10/07/2026

🌸 Die wagtyd is verby – besprekings is nou oop! 🌸

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), in samewerking met die ATKV, Die Dameskring en Atterbury Trust, nooi jou hartlik uit na 'n inspirerende Vrouedag-paneelgesprek.

Van kombuistafel tot raadsaal: Afrikaans vat haar plek

Kom luister na 'n eerlike en inspirerende gesprek oor vroue se leierskap, moedertaal, identiteit en die rol wat Afrikaans speel in die vorming van gemeenskappe en die ontsluiting van geleenthede.

🎀 Gesprekleier:
Sue Pyler-Slabbert
🌸 Paneellede:
* Prof. Marne Pienaar – Akademie en leierskap
* Maryna Besseling – Besigheid en gemeenskapsontwikkeling
* Mercia Eksteen – Korporatiewe en gemeenskapsleierskap
* Angelic Louw – Mediese student en jong stem vir die volgende geslag

πŸ“… Datum: Dinsdag, 11 Augustus 2026
πŸ•˜ Tyd: 08:30 vir 09:00
πŸ“ Fairtree Atterbury Teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

✨ Geniet ook heerlike verversings en besoek die Dameskring se stalletjie waar hul splinternuwe resepteboek te koop sal wees.

🎟️ Toegang is gratis, maar registrasie is noodsaaklik.

πŸ‘‰ Registreer hier: https://forms.gle/Q31eqdp9UDoP2egJ6

Ons sien daarna uit om saam met jou Vrouedag te vier en die gesprek voort te sit oor hoe Afrikaans vroue bemagtig, verbind en nuwe moontlikhede skep.

05/07/2026
Die vakgroep Afrikaans (UJ) het die afgelope naweek in samewerking met o.m. Bokmakiri Boeke, die ATKV, die Drostdy-museu...
29/06/2026

Die vakgroep Afrikaans (UJ) het die afgelope naweek in samewerking met o.m. Bokmakiri Boeke, die ATKV, die Drostdy-museum, Suidernuus, Olyfkrans College en Bontebokskloof die 3de lesing in die reeks oor die Hertzogpryswenners van Swellendam aangebied. Prof. Alwyn Roux van Unisa het vanjaar die huldigingsrede gelewer. Die portretstudie van Krige is spesiaal vir die geleentheid deur Estelle Marais geskilder.

Van harte geluk aan   met die aanwys van Binnerym van bloed as die wenner van die 2026 UJ-pryse vir Afrikaans!
22/06/2026

Van harte geluk aan met die aanwys van Binnerym van bloed as die wenner van die 2026 UJ-pryse vir Afrikaans!

Van harte geluk aan Shane van der Hoven met Kruiper-Crawler aangewys as wenner van die 2026 UJ-debuutprys vir Afrikaans!...
22/06/2026

Van harte geluk aan Shane van der Hoven met Kruiper-Crawler aangewys as wenner van die 2026 UJ-debuutprys vir Afrikaans!

Address

Johannesburg
2000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek:

Shortcuts

Share