15/06/2020
[NWU KUNSTE LEGENDES]
Vandag se legende was vir meer as 20 jaar die bekende man agter die Noot vir Noot klavier, Johan van Rensburg! As oud-Gimmie, Potchefstromer en NWU-Pukke is hy en sy musikale talent verweef met die geskiedenis van NWU Kunste / Arts en die Alabama studentegeselskap. Johan was die musikale-regisseur van die Alabama van 1964 - 1973 en het later die musiekvasvraprogram Noot vir Noot saam met Johann Stemmet begin. Hy is getroud met Rina Hugo, hulle het twee kinders en drie kleinkinders. NWU - North-West University Potchefstroom Gimnasium Potchefstroom