31/08/2026
🎭✨ BAIE GELUK, ME. BEYLEVELDT EN DIE MUSIEKBLYSPEL-SPAN! ✨🎭
Die Hoërskool Wonderboom is ongelooflik trots op me. Beyleveldt, die leerders, personeel en elke lid van die Musiekblyspel-span met die groot sukses van Grease – Die Musiekblyspel.
Die besondere terugvoer wat ons ontvang het, getuig van die ure se harde werk, toewyding, kreatiwiteit en passie wat agter die skerms én op die verhoog ingesit is. Julle het nie net ’n uitstekende produksie aangebied nie – julle het vir oud-Wonnies, ouers, leerders en besoekers ’n ervaring geskep wat hulle nog lank sal onthou.
’n Besondere gelukwensing aan me. Beyleveldt vir haar leiding, visie en deursettingsvermoë, en aan elke leerder en personeellid wat hul deel gedoen het om van Grease ’n produksie van hoogstaande gehalte te maak.
Welgedaan, Wonnies! Julle laat die Wonniehart trots klop. 💚💛