Aros Studenteraad

Aros Studenteraad 🥇 Student 📚 Studeer ⭐️ Sosialiseer
📍 Besembiesiesweg 1037, Montanapark
🧢 Arrie-klerewinkel: https://xco.co.za/etail/381/categories

💻 linktr.ee/Aros_Studente

Om die verskil te wees en maak by Aros en in die gemeenskap. Om die Aros-waardes suksesvol na te streef en uit te leef. Ons poog nie net om Aros jou akademiese tuiste te maak nie, maar ook ń sosiale ontspanningstuiste waar jy lewenslange vriende kan maak en persoonlike bande kan vorm. Hier by Aros wil ons graag spog met ons unieke en fantastiese studentelewe en nie net ons puik akademie nie!

Wil jy deel wees van ‘n span wat daarvan hou om betrokke te wees en kreatief te raak wanneer dit by die reël van ‘n brui...
09/03/2026

Wil jy deel wees van ‘n span wat daarvan hou om betrokke te wees en kreatief te raak wanneer dit by die reël van ‘n bruisende studentelewe kom? ✨

Is jy passievol oor jou studentejare, en wil jy die beste maak van hierdie hoofstuk in jou lewe? Dan is dit nou jou kans om vir die Studenteraad (SR) 2026/2027 in te skryf! 🙌

Help om ‘n verskil te maak, bou herinneringe, en wees deel van die span wat die studentelewe by Aros help vorm.

📅 Aansoeke open: 9 Maart 2026
📅 Aansoeke sluit: 20 April 2026

📌 Die aansoekvorm is beskikbaar op die studenteportaal.
📧 Navrae: [email protected]

Staan op. Raak betrokke. Maak ‘n verskil. Wees diensbaar.💙

26/02/2026

Arries, maak julle gereed vir die prettigste aksie van die semester ...

Die SR en HK nooi jou hartlik uit om saam met jou mede-Arries op die Aros-kampus by die Poeierverf!Piekniek!Pretstap!-aksie te kom kuier! Dit gaan ‘n kort pretstap op kampus, ‘n lekker piekniek en ‘n poeierverf-partytjie behels.

Gratis poeierverfpakkies is beskikbaar!
Drag: wit klere

Bring gerus jou vriende en gesin saam.

Bring die volgende saam: jou eie piekniekmandjie, eetgoed, eetgerei, drinkgoed, sonskerm en ‘n kombers. Onthou ook jou water!
Die RSVP-vorm moet ingevul word om jou plek te bespreek. Webvorm is op die studenteportaal beskikbaar.

- Indien dit reën, word die funksie ongelukkig gekanselleer.
Navrae- [email protected]

Eerstejaar-Arries – dié sessies is vir JOU!Het jy vrae oor die wie, wat, waar, wanneer en hoe van Arrie wees?Moenie stre...
04/02/2026

Eerstejaar-Arries – dié sessies is vir JOU!

Het jy vrae oor die wie, wat, waar, wanneer en hoe van Arrie wees?
Moenie stres nie – ons het die antwoorde!

Sluit aan by een van hierdie mentorskapsessies en ontvang leiding, aanmoediging en praktiese wenke sodat jy jou eerstejaar met selfvertroue kan aanpak.
Kom vra, kom luister, kom leer – jy hoef dit nie alleen te doen nie!

Onthou, jy het reeds “gearrieveer”; nóú begin jou ware Aros-reis!

Arries, neem asb. kennis!
22/01/2026

Arries, neem asb. kennis!

Liewe 2026-eerstejaarVoel jy onseker? Weet jy nie waar om te vat of waar om te los nie? Wel, dan het ons die antwoord vi...
15/01/2026

Liewe 2026-eerstejaar
Voel jy onseker? Weet jy nie waar om te vat of waar om te los nie? Wel, dan het ons die antwoord vir jou: Kom vind jou voete by Aros! Kom “arrieveer” en word deel van die Aros-familie!

Plek: Studentesake (e-Klas)
Datum: 29 Januarie 2026
Tyd: 14:00–15:00
Navrae: [email protected]

Dis ‘n fees om ‘n Arrie te wees!!!

12/01/2026

Matrieks 2025 – ons weet jy is gereed om jou punte te ontvang! 🎓✨
Ure se harde werk het in elke vraestel ingegaan en nou is dit tyd om te sien hoeveel onderskeidings jy verwerf het.

Ons is net so opgewonde soos jy en staan gereed om jou aansoek te ontvang sodra die punte beskikbaar is.
Punte in die een hand en Aros se webtuiste in die ander. 💻📄

Onthou! Ons aansoeke sluit eers 20 Januarie so sien jou binnekort.
Kom “Arriveer” in 2026

Mag 2026 'n jaar wees gevul met sukses, vrede en Sy genade.
31/12/2025

Mag 2026 'n jaar wees gevul met sukses, vrede en Sy genade.

Neem asb. kennis:
24/12/2025

Neem asb. kennis:

23/12/2025

'n Boodskap uit die Rektor se kantoor.

Address

Besembiesiesweg 1037 Montanapark
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 04:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27123323227

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aros Studenteraad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Aros Studenteraad:

Share