Aros Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika. Aros se kampus is in Montanapark, Pretoria geleë.

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn privaat Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak. Hier geniet ongeveer 2 100 stu

dente ʼn unieke studentelewe. Hier gaan jy vriende maak, kollegas ontmoet en hard werk! Dis 'n fees om 'n Arrie te wees! Aros maak van ’n uiters toeganklike afstandsonderrigmodel vir alle kurrikulums gebruik deur middel van ‘n e-leerplatform. Hierdie platform staan as e-Klas bekend. Lesings word vooraf opgeneem, en lesingmateriaal word gedurende die week waarin die lesing geskeduleer is aanlyn opgelaai. Studente word verder deur middel van interaktiewe aanlyn sessies ondersteun, asook deur kontaksessies op kampus wat op ‘n vrywillige basis bygewoon word. Die afgelope jare het gewys dat Aros-studente gedurende hulle studie tot selfstandige studente ontwikkel wat baie goed in die onderwysomgewing funksioneer. Met die akkreditasie en registrasie van Aros op 23 Januarie 2012 as privaat instelling wat BEd in Grondslagfase-onderrig aanbied, is ‘n nuwe en dinamiese era betree. Die akkreditasie van die Diploma in Graad R-onderrig in 2015 en BEd in Intermediêre Fase-onderrig in 2016 het vinnig gevolg. In 2020 ontvang Aros akkreditasie by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding om vanaf 2021 twee nuwe onderwyskwalifikasies aan te bied. Dit sluit die BEd in Senior Fase (SF) & Verdere Onderwys- en Opleidingsonderrig (VOO), asook NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) in Senior Fase (SF) en Verdere Onderwys en Opleidingsonderrig (VOO) in. Al die Aros-kurrikulums is geskoei op die patroon van die nuutste besinning en nadenke oor onderwysopleiding in Suid-Afrika. In hierdie opsig beskik Aros dus oor ‘n nuwe en eietydse program. Die uniekheid van Aros se program lê in sy toewyding aan:

* Christelike wetenskapsbeoefening: Onderwysersopleiding word gesetel in ‘n Bybelse opdrag en singewing. Onderwys is 'n gawe uit die hand van Christus en hierdie uitgangspunt vorm die ruggraat van ‘n waardegedrewe opleidingsprogram.

* Beroepsgerigte opleiding: Alles wat onderrig word, moet na die klassituasie in die onderwyspraktyk deurgevoer word. Aros-studente skakel minstens een dag per week by skole in as deel van die amptelike opleidingsprogram. Op hierdie wyse word verseker dat die opleiding werklik gerig is op die sinvolle onderrig van kinders in die klassituasie. Daar word ook van studente verwag om vanaf die derde kwartaal in die eerste jaar 'n meer gestruktureerde proeftydperk in hul praktiese onderwysperiode in 'n spesifieke graadklas te doen.

* Innovasie en kwaliteit: As privaat tersiêre onderwysinstelling streef Aros voortdurend daarna om innoverende onderwysersopleiding aan te bied en om hoë akademiese standaarde te handhaaf en uit te bou.

* Roepingsgedrewe studente: Studente word begelei om die onderwysberoep ten eerste as 'n roeping van die Here te ervaar en te aanvaar. Wanneer onderwys as 'n roeping gesien word, gee dit sin en betekenis aan die onderwysberoep. Suid-Afrika het goed opgeleide en goed gemotiveerde Christenonderwysers nodig. Sodoende kan geloof, hoop en liefde aan die volgende geslag oorgedra word, wat tot voorspoed en voordeel van die land sal strek. Aros-alumni beskik oor beroepsgerigte opleiding en leef hul Christelike waardes in die klaskamer uit. Hulle is hoog in aanvraag in privaat en openbare skole, asook in 'n verskeidenheid van ander opvoedkundige instellings.

01/09/2026

DIE LENTE IS HIER!

Die dae word langer, die son word warmer en oral begin die lente sy kleur wys.
’n Nuwe seisoen het aangebreek, en oral begin blommetjies nou kop uitsteek.🌷

Gelukkige Lentedag vanaf die SR- en HK-span!

Aros kuier heerlik by die SAOU Hoofdesimposium 2026. Kom bult jou spiere en maak 'n draai by Aros. SAOU Nasionaal / Nati...
31/08/2026

Aros kuier heerlik by die SAOU Hoofdesimposium 2026. Kom bult jou spiere en maak 'n draai by Aros.

SAOU Nasionaal / National

Voorreg! SAOU Nasionaal / National
30/08/2026

Voorreg!

SAOU Nasionaal / National

Dankie SAOU Nasionaal / NationalDit was twee dae wat gevul was met lag, met trane, lekker geselsies en natuurlik fantast...
30/08/2026

Dankie SAOU Nasionaal / National

Dit was twee dae wat gevul was met lag, met trane, lekker geselsies en natuurlik fantastiese en dinamiese vroue! Dit was 'n pragtige geleentheid waar vrouwees gevier is! Baie geluk, ons is trots om met so mooi geleentheid geassosieer te word en deel te wees daarvan as hoofborg. Tot 2027!

Hier het moed en leierskap ontmoet!

Altyd lekker om saam met die Eldo-onderwyers te kuier! Julle is STERRE!!!
30/08/2026

Altyd lekker om saam met die Eldo-onderwyers te kuier! Julle is STERRE!!!

Prof Mentz se boodskap by vandag se SAOU-damesleierskapseminaar. SAOU Nasionaal / National
28/08/2026

Prof Mentz se boodskap by vandag se SAOU-damesleierskapseminaar.

SAOU Nasionaal / National

Dit was ‘n voorreg om deel te wees van die derde jaarlikse ECD en Grondslagfase-konferensie in Oos-Londen, waar ons kenn...
28/08/2026

Dit was ‘n voorreg om deel te wees van die derde jaarlikse ECD en Grondslagfase-konferensie in Oos-Londen, waar ons kennis, idees en praktiese strategieë rondom vroeëkinderjare-ontwikkeling en die Grondslagfase kon deel.

Ons aanbieding, “Six Bricks en die ELDA’s – ‘n kreatiewe benadering”, het gefokus op die waarde van:
🧱 spelgebaseerde leer
🌈 inklusiewe klaskameraktiwiteite
🧠 perseptuele ontwikkeling
🎒 skoolgereedheid

Die aanbieding is met passie deur dr Rina Lemmer en me Diana van Heerden aangebied, wat gewys het hoe kreatiewe en praktiese leerbenaderings ‘n betekenisvolle rol in jong leerders se ontwikkeling kan speel.

By Aros glo ons in die krag van roepingsgedrewe onderwysers wat met kennis, kreatiwiteit en liefde vir die leerder ‘n verskil in die klaskamer maak.

28/08/2026

Agter elke genotvolle aand is daar ’n goeie seremoniemeester … En vanjaar is dit Lisa met die Rooi Hare!

Koop nou jou kaartjie en kom geniet ’n onvergeetlike aand.

Quicket: https://www.quicket.co.za/events/371064-dinee-2026/

Sien jou daar!

Die nuwe seisoen is hier, en ons studentewerwers is lekker aan die beweeg! Hulle reis wyd en syd om Aros se studiemoontl...
28/08/2026

Die nuwe seisoen is hier, en ons studentewerwers is lekker aan die beweeg! Hulle reis wyd en syd om Aros se studiemoontlikhede met voornemende studente te deel. Onthou ook dat Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) nou deel is van ons Senior Fase & Verdere Onderwys en Oopleidingsfase-keuses.

Hier is die lys van die skole wat ons komende week besoek. Ons sien uit daarna om julle te ontmoet!

31 Augustus
Hoërskool Ermelo
Morgenzon Landbou Akademie
Ligbron Akademie
Hoërskool Piet Retief
Hoërskool Wagpos
Hoërskool Brits
Bergsig Akademie

1 September
Hoërskool Pionier
Hoërskool Rustenburg

2 September
Hoërskool Dundee
Hoërskool Frikkie Meyer
Hoërskool Ellisras

3 September
Hoërskool Hans Strijdom
Hoërskool Piet Potgieter
CVO-skool Potgietersrus

4 September
Hoërskool Volksrust
Hoërskool Nylstroom
Hoërskool Warmbad
Vivo Landbouskou

Aan al die matrieks wat met die rekordeksamen besig is: Baie sterkte! Hard leer, hou moed en onthou – harde werk word beloon!

As jy nog nie jou aansoek vir studie in 2027 ingedien het nie, doen dit sommer nou!

Kom “arrieveer” in 2027 en maak jou merk!

28/08/2026

Ons is reg vir die jaarlikse SAOU-damesleierskapseminaar waar Aros as hoofborg optree.

Ons sien uit daarna om die dames te bederf en saam te kuier!

Dit is hiér by die 2026 SAOU-damesleierskapseminaar waar moed en leierskap hande vat!

SAOU Nasionaal / National

Address

Besembiesiesweg 1037, Montana Park
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27123323227

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aros posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Aros:

Share