Call Directions Website Contact the university

Aros Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika. Aros se kampus is in Montanapark, Pretoria geleë.

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn privaat Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak. Hier geniet ongeveer 2 100 studente ʼn unieke studentelewe. Hier gaan jy vriende maak, kollegas ontmoet en hard werk! Dis 'n fees om 'n Arrie te wees! Aros maak van ’n uiters toeganklike afstandsonderrigmodel vir alle kurrikulums gebruik deur middel van ‘n e-leerplatform. Hierdie platform staan as e-Klas bekend. Lesings word vooraf opgeneem, en lesingmateriaal word gedurende die week waarin die lesing geskeduleer is aanlyn opgelaai. Studente word verder deur middel van interaktiewe aanlyn sessies ondersteun, asook deur kontaksessies op kampus wat op ‘n vrywillige basis bygewoon word. Die afgelope jare het gewys dat Aros-studente gedurende hulle studie tot selfstandige studente ontwikkel wat baie goed in die onderwysomgewing funksioneer. Met die akkreditasie en registrasie van Aros op 23 Januarie 2012 as privaat instelling wat BEd in Grondslagfase-onderrig aanbied, is ‘n nuwe en dinamiese era betree. Die akkreditasie van die Diploma in Graad R-onderrig in 2015 en BEd in Intermediêre Fase-onderrig in 2016 het vinnig gevolg. In 2020 ontvang Aros akkreditasie by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding om vanaf 2021 twee nuwe onderwyskwalifikasies aan te bied. Dit sluit die BEd in Senior Fase (SF) & Verdere Onderwys- en Opleidingsonderrig (VOO), asook NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) in Senior Fase (SF) en Verdere Onderwys en Opleidingsonderrig (VOO) in. Al die Aros-kurrikulums is geskoei op die patroon van die nuutste besinning en nadenke oor onderwysopleiding in Suid-Afrika. In hierdie opsig beskik Aros dus oor ‘n nuwe en eietydse program. Die uniekheid van Aros se program lê in sy toewyding aan:

* Christelike wetenskapsbeoefening: Onderwysersopleiding word gesetel in ‘n Bybelse opdrag en singewing. Onderwys is 'n gawe uit die hand van Christus en hierdie uitgangspunt vorm die ruggraat van ‘n waardegedrewe opleidingsprogram.

* Beroepsgerigte opleiding: Alles wat onderrig word, moet na die klassituasie in die onderwyspraktyk deurgevoer word. Aros-studente skakel minstens een dag per week by skole in as deel van die amptelike opleidingsprogram. Op hierdie wyse word verseker dat die opleiding werklik gerig is op die sinvolle onderrig van kinders in die klassituasie. Daar word ook van studente verwag om vanaf die derde kwartaal in die eerste jaar 'n meer gestruktureerde proeftydperk in hul praktiese onderwysperiode in 'n spesifieke graadklas te doen.

* Innovasie en kwaliteit: As privaat tersiêre onderwysinstelling streef Aros voortdurend daarna om innoverende onderwysersopleiding aan te bied en om hoë akademiese standaarde te handhaaf en uit te bou.

* Roepingsgedrewe studente: Studente word begelei om die onderwysberoep ten eerste as 'n roeping van die Here te ervaar en te aanvaar. Wanneer onderwys as 'n roeping gesien word, gee dit sin en betekenis aan die onderwysberoep. Suid-Afrika het goed opgeleide en goed gemotiveerde Christenonderwysers nodig. Sodoende kan geloof, hoop en liefde aan die volgende geslag oorgedra word, wat tot voorspoed en voordeel van die land sal strek. Aros-alumni beskik oor beroepsgerigte opleiding en leef hul Christelike waardes in die klaskamer uit. Hulle is hoog in aanvraag in privaat en openbare skole, asook in 'n verskeidenheid van ander opvoedkundige instellings.

14/10/2026

Het jy al aansoek gedoen?

Waarvoor wag jy? Jou toekoms wag nie!

As jy droom om ‘n Afrikaanse, roepingsgedrewe onderwyser te word, is Aros jou plek!

💙 Kom “arrieveer” in 2027!
🙌 Maak jou merk.
📚 Kies Aros.

Aros – jou Afrikaanse, roepingsgedrewe onderwyskeuse
Dis jou plek.

Doen vandag aansoek en “arrieveer” in 2027!

Is jy ‘n akademiese leier met ‘n visie vir die toekoms van hoër onderwys en ‘n passie vir Aros se roeping?Aros is op soe...
13/10/2026

Is jy ‘n akademiese leier met ‘n visie vir die toekoms van hoër onderwys en ‘n passie vir Aros se roeping?

Aros is op soek na ‘n strategiese en dinamiese akademiese leier wat die instelling se akademiese posisionering verder kan versterk en ons strategiese doelwitte, in lyn met ons grondslagdokumente, kan help verwesenlik.

Die pos bied aan ‘n bekwame leier die geleentheid om ‘n betekenisvolle bydrae tot Aros se groei en ontwikkeling te lewer, met ‘n besondere fokus op die uitbreiding van ons navorsingsprofiel binne die hoëronderwyssektor.

Minimumvereistes is die volgende:
• ‘n toepaslike doktorsgraad
• minstens drie jaar se onderrigervaring op tersiêre vlak
• toepaslike bestuurservaring in tersiêre onderwys
• ‘n eie navorsingsportefeulje

Besoek die Aros-webtuiste vir meer inligting oor Aros en sy grondslagdokumente. Volledige besonderhede oor die vakature en die aansoekproses kan ook hier gevind word.

Kom maak ‘n verskil. Help bou aan die toekoms van Aros!

Vakante pos: Viserektor
Departement: Rektoraat
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2026
Aanstellingsdatum: 1 Januarie 2027 of soos ooreengekom



SAOU Nasionaal / National Skoleondersteuningsentrum SOS Rapport Onderwys Fonds - ROF

Lees ons vanaand Johannes 15 vers of verse 1-8 in die Bybel? Moet ek bladsy of bladsye 10-40 vir môre se toets leer? As ...
13/10/2026

Lees ons vanaand Johannes 15 vers of verse 1-8 in die Bybel? Moet ek bladsy of bladsye 10-40 vir môre se toets leer? As jy al ooit hieroor kopgekrap het, is hierdie week se taalwenk net vir jou!

Die groot oomblik het aangebreek! Die eindeksamen is julle laaste skooleksamen ooit! Vir die volgende 4-6 weke gaan dit ...
13/10/2026

Die groot oomblik het aangebreek! Die eindeksamen is julle laaste skooleksamen ooit! Vir die volgende 4-6 weke gaan dit dalk voel asof jy net heeltyd met jou neus in die boeke sit, maar hou moed! Elke uur se leerwerk, elke opoffering en elke bietjie deursettingsvermoë bring julle ‘n tree nader aan julle doelwit.

Onthou: Harde werk en deursettingsvermoë is die moeite werd!

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” – Filippense 4:13

Moet nooit vergeet waar julle krag vandaan kom nie. Glo in julleself, vertrou op die Here en gee elke dag julle beste. Ons glo in julle en weet julle kan!

En wanneer die laaste vraestel ingegee is? Dan wag die welverdiende, heerlike matriekvakansie! Julle is amper daar!

Namens almal by Aros wens ons elke matrikulant baie sterkte toe met die eindeksamen. Mag julle kalmte, wysheid en deursettingsvermoë hê en met trots terugkyk op alles wat julle bereik het.

Hou vas, hou aan en maak julle drome waar! Julle toekoms wag!



Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Hoërskool Centurion Woerie - Kampus Hoërskool Die Wilgers Hoërskool Montana Pta Amptelik Gereformeerde Skool Dirk Postma Hoërskool Pretoria-Noord Helpmekaar Kollege Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Hoërskool Kempton Park - Kempies Hoërskool Stellenbosch HOËRSKOOL WITTEBERG Hoërskool Frikkie Meyer Potchefstroom Gimnasium Hoërskool Zwartkop Hoërskool Eldoraigne

Kry vandag nog joune ...
12/10/2026

Kry vandag nog joune ...

Ons is opgewonde om 𝐷𝑖𝑛𝑎𝑚𝑖𝑒𝑠𝑒 𝐴𝑓𝑟𝑖𝑘𝑎𝑎𝑛𝑠: 𝑅𝑖𝑔𝑙𝑦𝑛𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝐴𝑓𝑟𝑖𝑘𝑎𝑎𝑛𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐼𝑛𝑡𝑒𝑟𝑚𝑒𝑑𝑖𝑒̂𝑟𝑒 𝐹𝑎𝑠𝑒 bekend te stel!

Afrikaansonderrig verg meer as net kennis van taalreëls. Onderwysers moet kan beplan, assesseer, taalvaardighede met mekaar verbind en tekste doelgerig gebruik. Hierdie handboek bied ’n omvattende, navorsingsgegronde benadering tot taalkunde, taalonderrig, letterkunde, assessering en pedagogiek vanuit ’n Christelike lewens- en wêreldbeskouing.

Ideaal vir onderwysstudente, dosente en praktiserende onderwysers.

Redakteurs: Elmarie Lubbe en Arthur Hall

Hierdie publikasie is deur ’n ruim finansiële bydrae van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns moontlik gemaak.

Nou besikbaar teen R585: https://www.liginduisternis.co.za/product/dinamiese-afrikaans/

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Carmin Smith het die afgelope naweek ‘n referaat by die Wisdom in the Age of AI-konferensie gelewer. Haar medenavorser w...
12/10/2026

Carmin Smith het die afgelope naweek ‘n referaat by die Wisdom in the Age of AI-konferensie gelewer. Haar medenavorser was haar Aros-kollega, Stefan Scheepers.

Hul navorsing ondersoek of die CC-AI-model as ‘n praktiese evalueringsinstrument gebruik kan word om te bepaal hoe studente kunsmatige intelligensie (KI) gebruik en in watter mate dié gebruik met Christelike onderwyswaardes ooreenstem. Deur werklike gebruikspatrone binne modules te bestudeer, wil hulle ‘n bydrae tot die gesprek oor Christelike pedagogiek en die verantwoordelike integrasie van KI in onderrig en leer lewer.

Wat is Carmin en Stefan se uiteindelike doel hiermee? Hulle wil graag studente toerus om getrou aan hul waardes te bly en ook verantwoordelik en selfstandig by nuwe tegnologie betrokke te wees.

Baie geluk aan Carmin en Stefan met hierdie waardevolle navorsingsbydrae!

Die meeste matrieks is nou hard aan die werk met hul neus in die boeke en penne in die hand om vir die eindeksamen voor ...
09/10/2026

Die meeste matrieks is nou hard aan die werk met hul neus in die boeke en penne in die hand om vir die eindeksamen voor te berei! Baie sterkte aan elkeen van julle! Ons glo in julle, en mag julle in hierdie tyd die nodige krag en deursettingsvermoë ontvang om die laaste fase van jul skoolloopbaan suksesvol af te handel. Ons bid vir julle seën toe!

Noordwes, ons kom weer julle kant toe!

Ons studentewerwers maak vir oulaas ‘n draai in Noordwes. Dink jy aan ‘n toekoms in die onderwys? Of het jy nog ‘n paar vrae oor studierigtings, toelating of hoe dit is om by Aros te studeer?

Kom loer in, ontmoet ons span en kry die antwoorde wat jy nodig het om jou toekomsplanne ‘n realiteit te maak!

Jou toekoms begin met ‘n keuse. Kies ‘n roeping. Kies Aros!

Kom “arrieveer” in 2027 en maak jou merk!

Maandag 12 Oktober
Hoërskool Wesvalia
Hoërskool Klerksdorp
Hoërskool Stilfontein

Dinsdag 13 Oktober
Hoërskool Schoonspruit

Woensdag 14 Oktober
Potchefstroom Gimnasium
Hoërskool Ferdinand Postma

Donderdag 15 Oktober
Hoër Volkskool Potchefstroom

Wat ‘n voorreg was dit nie om op 8 en 9 Oktober 2026 die 11de Afrika/Suider-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing op Ar...
09/10/2026

Wat ‘n voorreg was dit nie om op 8 en 9 Oktober 2026 die 11de Afrika/Suider-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing op Aros se kampus te kon aanbied nie!

Die kongres het ‘n besondere geleentheid gebied om Johannes Calvyn se oorspronklike tekste te lees, te ontdek en te bespreek, nuwe navorsing deur akademiese gesprekke te deel en die volgende generasie navorsers in die wetenskaplike studie van Calvyn te help ontwikkel.

Onder die sprekers was prof Dolf Britz, dr Erik van Alten, dr Victor E d’Assonville, ds Eric Kayayan (Frankryk) en Dieudonnè Nindorera (Burundi) wat saam met verskeie ander kenners hul kennis en navorsing gedeel het.

Die kongres het ons opnuut herinner aan die waarde van deeglike akademiese navorsing, lewendige gesprek en die verdieping van die wyse waarop ons die reformatoriese tradisie verstaan.

Wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n akademiese gesprek wat oor geslagte heen op kennis, geloof en wetenskap voortbou!

Carmin Smith verteenwoordig Aros tans in die VSA, waar sy by twee akademiese konferensies betrokke is.By die KID-konfere...
09/10/2026

Carmin Smith verteenwoordig Aros tans in die VSA, waar sy by twee akademiese konferensies betrokke is.

By die KID-konferensie, Student Well-being Amid Pervasive Change, lewer Carmin ‘n referaat met die titel “Seeing Before Teaching: Worldview and Reading Pedagogy in Christian Teacher Education”. Dié referaat is op haar voortgaande navorsing oor die bevordering van leespedagogiek vir die Intermediêre Fase vanuit ‘n Christelik-reformatoriese lewens- en wêreldbeskouing gegrond.

Haar deelname aan hierdie konferensies beklemtoon die belangrike rol van ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing in onderwys, leesonderrig en die vorming van toekomstige onderwysers.

Carmin bied ook ‘n referaat by die Wisdom in AI-konferensie aan.

Baie geluk, Carmin! Aros is trots om te sien hoe jou navorsing en akademiese bydraes ook oor landsgrense heen ‘n verskil maak.

Het jy geweet? Aros is ook in die Suid-Kaap!Woon jy in die Suid-Kaap, of kuier jy sommer net daar? En het jy nog vrae oo...
09/10/2026

Het jy geweet? Aros is ook in die Suid-Kaap!

Woon jy in die Suid-Kaap, of kuier jy sommer net daar? En het jy nog vrae oor Aros, ons kwalifikasies, aansoeke of hoe afstandsonderrig werk? Kom loer by ons Suid-Kaap-kantoor in!

Doktor Francois Joubert is daar om jou met ‘n warm handdruk te ontvang en al jou vrae te beantwoord. Hy rus jou graag met die regte inligting toe, sodat jy met jou Aros-reis kan begin.

📍 Suid-Kaap-kantoor
Courtenaystraat 20, George
📞 (012) 332 2337 – vra vir die Suid-Kaap-kantoor

Kom kuier, kom vra jou vrae en kom ontdek wat dit beteken om ‘n Arrie te wees!

Kom loer in – jou Aros-reis begin nóú! Kom “arrieveer” in 2027!

Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Langenhoven Gimnasium Hoërskool Oudtshoorn High School Hoër Landbouskool Oakdale

Address

Besembiesiesweg 1037, Montana Park
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27123323227

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aros posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Aros:

Share