Excelsus

Call Directions Website Contact the university

Excelsus Excelsus is die sentrum by die Fakulteit Teologie aan die UP wat verantwoordelik is vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling van NG predikante.

Excelsus is verantwoordelik vir die voortgesette bedieningsintwikkeling van NG-predikante.

When the Bible comes into play – Bibliolog meets NarradramaThis course aims to get familiar with two different approache...
12/10/2026

When the Bible comes into play – Bibliolog meets Narradrama

This course aims to get familiar with two different approaches to creative biblical work. During this session, we will get to know both Bibliolog and Narradrama. Using a specific passage from the Bible, you will be guided through an experience that allows you to discover something of the text’s complexity and the personal, biographical themes associated with it.

Through bodywork and various methodological approaches – such as those presented by Bibliolog and Narradrama – we will explore the plural meanings of biblical texts and determine which hermeneutical tools may be helpful in which contexts. Through joint practice and experimentation with methodological variations, through discussion, and through collaborative reflection processes, participants will gain clarity on how creative Bible study can be applied in their own areas of work.

Register: https://forms.gle/9zJnBafAf2A3RC1S9

Kom beleef saam met ons hoe kuns, musiek, letterkunde en argitektuur deur die eeue heen ’n rol gespeel het in die verbee...
06/10/2026

Kom beleef saam met ons hoe kuns, musiek, letterkunde en argitektuur deur die eeue heen ’n rol gespeel het in die verbeelding en verwoording van geloof. 🎨🎶📚🏛️
Die Werkgemeenskap Historiese Teologie nooi jou hartlik uit na hierdie interessante konferensie op 28–29 Oktober 2026. Kyk gerus na die aangehegte program vir die volledige besonderhede.
https://acrobat.adobe.com/id/urn:aaid:sc:EU:6f510542-8b17-442e-9c10-a92c9a3c7581

Daar is nog tyd om in te skryf! Op 8 Oktober dink ons saam met dr. Yolande Steenkamp vanuit Hugenote Kollege oor Toekoms...
28/09/2026

Daar is nog tyd om in te skryf! Op 8 Oktober dink ons saam met dr. Yolande Steenkamp vanuit Hugenote Kollege oor Toekoms en Teologie – en hoe toekomstige denke ons kan help om met hoop, verbeelding en wysheid na die uitdagings van vandag te kyk.
10 VBO-punte | Aanlyn | R325
👉 Skryf hier in: https://qkt.io/rALGMg

Ons en die ander: Waarom ons gelowe verskilHoe dink ons as Christene oor mense met ander gelowe? En hoe kan ons mense me...
19/08/2026

Ons en die ander: Waarom ons gelowe verskil

Hoe dink ons as Christene oor mense met ander gelowe? En hoe kan ons mense met ander geloofsoortuigings benader?

Op 17 September 2026 nooi ons jou uit om saam met prof. Jaco Beyers van die Departement Religie hieroor te besin en in gesprek te tree.

Kom dink saam oor hoe ons verskille in geloof beter kan verstaan en hoe dit ons benadering tot “die ander” kan vorm.

Skakel in en wees deel van die gesprek!
Kliek op hierdie skakel om te registreer: https://qkt.io/hATnoV

Hier is nog 'n unieke geleentheid wat op 10 September aangebied word:  Van liefdadigheid na geregtigheid, ’n inleidende ...
04/08/2026

Hier is nog 'n unieke geleentheid wat op 10 September aangebied word: Van liefdadigheid na geregtigheid, ’n inleidende gesprek oor die WCRC se GRAPE-program, waar ons saam vra hoe gemeentes op nuwe maniere kan deelneem aan God se missie van geregtigheid, vrede en menswaardigheid.

Jy kan hier registreer: https://forms.gle/vo5Yc2LFxVfkoPLj7

Ons herinner jou aan hierdie unieke geleentheid op 13 Augustus wanneer dr. Gerrie Bodenstein gesels oor Die pastor in ’n...
04/08/2026

Ons herinner jou aan hierdie unieke geleentheid op 13 Augustus wanneer dr. Gerrie Bodenstein gesels oor Die pastor in ’n eeu van egtheid – ’n belangrike gesprek oor geloofwaardigheid, identiteit en bediening in ’n wêreld wat vinnig verander.

Onthou om te registreer by https://forms.gle/pQ415XU7gHUuq3HZ8

Aanlyn webinaar : “Die pastor in ’n eeu van egtheid”Wat beteken dit om vandag 'n geloofwaardige pastor te wees in 'n wêr...
21/07/2026

Aanlyn webinaar : “Die pastor in ’n eeu van egtheid”
Wat beteken dit om vandag 'n geloofwaardige pastor te wees in 'n wêreld wat na egtheid smag? Sluit op 13 Augustus by dr. Gerrie Bodenstein aan vir 'n insiggewende aanlynsessie oor identiteit, roeping en relevante bediening in 'n veranderende kultuur. Registreer hier: https://forms.gle/pQ415XU7gHUuq3HZ8

Aanlyn Kerkreg-sessie : “Vergaderings kan sinvol wees!”Kan kerkvergaderings werklik sinvol en lewegewend wees? Sluit op ...
21/07/2026

Aanlyn Kerkreg-sessie : “Vergaderings kan sinvol wees!”
Kan kerkvergaderings werklik sinvol en lewegewend wees? Sluit op 30 Julie by ons aan vir hierdie praktiese aanlyn Kerkreg-sessie met Prof. Johan van der Merwe en ontdek hoe vergaderings ruimtes van onderskeiding, goeie gesprek en betekenisvolle deelname kan word – registreer voor 28 Julie.
Registreer hier: https://qkt.io/6upWQ0

Vanuit Miga8:6 Taakspan: Kom gesels saam oor Disrupting the DivideOns wil jou graag uitnooi na 'n 4-week aanlyn boekgesp...
22/06/2026

Vanuit Miga8:6 Taakspan: Kom gesels saam oor Disrupting the Divide

Ons wil jou graag uitnooi na 'n 4-week aanlyn boekgesprek oor:

Disrupting the Divide: A Story of Costly Love in a Divided Nation
Mikal Barnes & Phumlani Ngwenya

Registreer hier: https://forms.gle/zjX3ZGfmrNDKGneK6
Koop die boek hier aan: https://shop.clf.co.za/product/disrupting-the-divide/
Ons gaan elke week een deel van die boek bespreek.

Hierdie boek bied 'n eerlike en uitdagende uitnodiging om oor identiteit, versoening, dissipelskap en ons roeping in Suid-Afrika na te dink. Ons glo dit kan help om die gesprek wat op Jeugdag begin het, verder te verdiep. Registreer sommer vandag en stuur asb die advertensie aan.

Ons sien uit daarna om die gesprek saam voort te sit.

Ons nooi jou om op 18 Junie, saam met prof. Sias Meyer (vanuit Ou Testament) na te dink oor die Pentateug en die vraag h...
08/06/2026

Ons nooi jou om op 18 Junie, saam met prof. Sias Meyer (vanuit Ou Testament) na te dink oor die Pentateug en die vraag hoe God se mense hulle geloof leef in die skadu van mag en empire.

Registreer hier: https://qkt.io/9dPhkV

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 08:30 - 14:00
Tuesday 08:30 - 14:00
Wednesday 08:30 - 14:00
Thursday 08:30 - 14:00
Friday 08:30 - 14:00

Telephone

+27124206738

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Excelsus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Excelsus:

Shortcuts

Share