Overberg Leessentrum

Overberg Leessentrum Die sentrum bied 'n rekenaar gebasseerde Lees en Leerontwikkelings program vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar. Waar begin ek met ‘n Leerder?

Een van die dae kan jul kom aanklop by die Overberg Leessentrum in Swellendam om jou kind se toekoms ‘n hupstoot te gee. Die laaste paar jaar heers daar oral groot kommer oor die afname in leesvaardigheid by leerlinge. Die progressiewe agteruitgang van leerlinge se vermoë om met begrip te lees, veroorsaak ‘n hele rits van probleme, omdat leesspoed ook leervermoë bepaal. Hoe vinniger en effektiewe

r die leerling kan lees, hoe beter sal hy in al sy vakke presteer. As gevolg van groot getalle leerders in klasse kan dit ook gebeur dat die leerling nie sy volle akademiese potensiaal bereik nie bloot omdat sy swak leesvermoë hom terughou. Nadat ek verskeie leesprogramme bestudeer het, het ek besluit op ‘n rekenaar gebaseerde program. Die program beskik oor ‘n uitgebreide bron van oefeninge en leesstukke. By die Leessentrum
In die veilige omgewing van die leersentrum kan die leerling teen sy eie spoed en ook op sy eie vlak vorder. Die leerlinge kompeteer nie teen mekaar nie, maar vorder teen sy eie unieke tempo. Overberg Leessentrum bied ‘n tweetalige Laer — en Hoërskool program . Die doel van die Leessentrum is om algehele akademiese vordering by die leerder in alle vakke te bewerkstelling. Daar word van verskillende visuele persepsie –oefeninge gebruik gemaak wat ondersteunend tot die leesaksie is, asook van ‘n wye verskeidenheid leestegnieke om die doel te bereik. Leerders word aan die begin van die program geevalueer om spesifieke Leesprobleme of potensiaal te identifiseer en ook huidige leesvermoë en leesspoed te bepaal. Elke leerder se program is aangepas volgens sy eie vermoë en leesspoed. En werk hy/ sy volgens sy eie tempo. Die leerder word voortdurend gemonitor en verslae word aan einde van kwartaal aan ouers verskaf, so verseker ek vordering by lesers asook die kwaliteit van die sentrum. Waaruit bestaan die program:
Visuele Persepsie en Ontwikkeling
Spel en Woordbou oefeninge
Konsentrasie en Geheue oefening
Nege verskillende Leestegnieke
Oogspanwydte en Oog
bewegingsoefening
Opskerp van Taalvaardighede
Woordsomme
Leestegnieke sluit onder ander in
Progressiewe Lees
Oogbewegings Lees
Fiksasielees
Merklees
Ontwikkeling van Leesvaardighede:
Verbeter Leesspoed
Verbeter begrip
Ontwikkel Spellingvaardighede
Geheue - Oefeninge
Woordbou - Oefeninge
Inoefen van Sinskonstruksie Skakel my gerus:

Indien u meer wil weet oor die Overberg Leessentrum . Indien u belangstel om u kind se Lees en Leer toekoms ‘n hupstoot te gee !! Beperkte plekke beskikbaar

Onthou !! ‘
‘n Leerprobleem is dikwels ‘n Leesprobleem .

Onthou !!! Die jaar kan leerders wat so bietjie sukkel met Engels ook baatvind by die Overberg Leessentrum.
06/01/2020

Onthou !!! Die jaar kan leerders wat so bietjie sukkel met Engels ook baatvind by die Overberg Leessentrum.

Wat kan die sentrum jou kind bied? Lees gerus die meegaande pamflet.  Die lesse vind plaas in klein groepies van slegs 7...
06/01/2020

Wat kan die sentrum jou kind bied? Lees gerus die meegaande pamflet.
Die lesse vind plaas in klein groepies van slegs 7 leerders op 'n slag. Die leerders werk elkeen op hul eie laptop en teen hul eie tempo. In 'n baie veilige omgewing vir leer.

2020 is hier !! Wonder jy hoe julle die jaar jou kind se lees kan verbeter?  By die Overberg Leessentrum het ons die ant...
06/01/2020

2020 is hier !! Wonder jy hoe julle die jaar jou kind se lees kan verbeter? By die Overberg Leessentrum het ons die antwoord vir jou kind. Die rekenaar gebaseerde program maak lees vir die leesmaat pret terwyl hulle hul leesvaardigheid verbeter.
Die program hou ook groot voordele in vir leerders met konsentrasie en geheue probleme.
Kontak my gerus vir enige verdere navrae.

06/01/2020

Die skole heropen volgende week vir 2020. Opskud en skryf u kind in by die Overberg Leessentrum. Daar is slegs beperkte plekke oop. Kontak gerus vir Lizelle de Jager by 067 834 2923 vir meer inligting.

Wat kan die sentrum u kind bied?
03/12/2019

Wat kan die sentrum u kind bied?

More sluit die skool vir 2019. Bespreek nou u kind se plek by die Overberg Leessentrum vir 2020 om n plekkie te virseker...
03/12/2019

More sluit die skool vir 2019. Bespreek nou u kind se plek by die Overberg Leessentrum vir 2020 om n plekkie te virseker. Slegs bepertke plek nog oor.

02/12/2019
21/11/2019
Hoop almal het lekker vakansie gehou. Opskud en bespreek nou jou plek by die Overberg Leessentrum vir die 3rde kwartaal!...
07/07/2019

Hoop almal het lekker vakansie gehou. Opskud en bespreek nou jou plek by die Overberg Leessentrum vir die 3rde kwartaal!! Daar is slegs enkele plekkies oop en ons begin reeds die week met leesles. Kontak my gerus vir enige navrae ek help graag. ONTHOU LEES is die basis vir alle akademiese vordering en een van die belangrikste boustene in jou kind se ontwikkeling.

Die helfde van 2019 Skooljaar is hier!! Wil jy graag jou kind se leesvaardigheid verbeter? Wil jy jou kind 'n hupstoot g...
13/06/2019

Die helfde van 2019 Skooljaar is hier!! Wil jy graag jou kind se leesvaardigheid verbeter? Wil jy jou kind 'n hupstoot gee om met meer selfvertroue te kan Lees? Die leesprogram by die Overberg Leessentrum is jou antwoord. Opskud!! Kontak my vandag nog om jou plekkie te bespreek vir die 3rde kwartaal.

Kwartaal 2 het vandag begin!  Het jy jou kind se plek bespreek by die Leessentrum. Opskud ons begin reeds die week al me...
01/04/2019

Kwartaal 2 het vandag begin! Het jy jou kind se plek bespreek by die Leessentrum. Opskud ons begin reeds die week al met les. Kontak my gerus met enige navrae by 074 740 2326.

Address

Swellendam
6740

Telephone

+27678342923

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Overberg Leessentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The University

Send a message to Overberg Leessentrum:

Share