29/08/2026
Wie stap saam? Tag asb jou stapmaats en daag hulle uit om saam te kom. Kom ons wys hoe regte gemeenskapsondersteuning lyk.
LOCAL IS LEKKER 5 KM PRETLOOP
Ons droom met Local Is Lekker is om Wellington bymekaar te bring vir ’n dag van stap, kuier, plaaslike ondersteuning en sommer net lekker saamwees.
Hierdie jaar begin die Local Is Lekker Feesmark met iets besonders: ’n 5 km Fun Walk vir die hele gesin!
Ons is opreg dankbaar vir die ondersteuning en samewerking tussen Hugenote Kollege en CPUT Wellington om hierdie pretloop moontlik te maak. Van die beskikbaarstelling van die terrein tot praktiese bemarkingsondersteuning – ons waardeer elke hand wat help om hierdie inisiatief te laat groei.
Die doel van die pretloop is groter as net ’n lekker oggend saam. Die opbrengs gaan na die Hugenote Kollege Beursfonds, wat help om studente wat werklik finansieel swaarkry, die geleentheid te gee om met hul studies voort te gaan.
Ons studente het nie toegang tot NSFAS soos studente by openbare instellings nie. Daarom maak gemeenskaps- en fondsinsamelingsinisiatiewe soos hierdie ’n besondere verskil.
🏅 En ja – elke deelnemer kry ’n medalje!
Ons moet egter betyds weet hoeveel medaljes om te bestel. Daarom is dit belangrik dat jy nie net jou plek bespreek nie, maar jou registrasie ook betyds voltooi en betaal.
👉 REGISTREER NOU:
https://forms.gle/upeAtE62sDDuoLrg6
Bring jou mense.
Trek jou tekkies aan.
Kom stap saam met ons.
En nadat ons gestap het… bly sommer vir die Local Is Lekker Feesmark!
Kom ondersteun plaaslik.
Kom kuier saam.
Kom help ons om ’n verskil te maak.
LOCAL IS LEKKER.