29/10/2026
Lekker dinge aan die gebeur hier by PLA! 🍿🎬
Ons studente het gister bietjie skouer aan die wiel gesit om die banke vir hul nuut ingerigte 'movie-lokaal' silwerskoon te kry. Natuurlik word geen groot taak op die perseel aangepak sonder bietjie streng toesig nie – plaasbrak Roes het van naby af seker gemaak alles verloop vlot en elke krieseltjie stof word opgesuig! 🐾
Ons kan nie wag vir die eerste fliek-aand nie!